Verlaging in brandstofprys in SA, maar hoe lyk dinge hier?

‘n Aansienlike daling in brandstofpryse word vroeg volgende maand in die buurland voorspel. Die Outomobiel Assosiasie verwag die petrolprys sal met meer as een rand 90 sent per liter daal en diesel met sowat 78 sent, gegrond op die Sentrale Energiefonds se ongeouditeerde middel-maand data. Die assosiasie sê dit kan toegeskryf word aan bestendiger internasionale oliepryse, maar die amptelike aanpassing vir November kan steeds negatief beïnvloed word deur verskeie faktore. Kosmos 94.1 Nuus het met Phillepus Uusiku, ‘n plaaslike ekonoom, gepraat oor die situasie in Namibië.