Verkryging deur gesondheid bly in die nuus

Die regering se verkrygingsprosesse is weer in die nuus nadat die voormalige gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, ‘n einde aan middelmanne, tenderpreneurs en aktetas-ondernemings in die prosesse bepleit het. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het al vroeër gewaarsku oor ‘n beduidende skuiwergat wat toegemaak moet word. Links het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die wet maak voorsiening vir die swartlys van bieërs of verskaffers, maar dit is nie van toepassing op die eienaars van die maatskappye nie. Dit beteken die eienaars van sulke maatskappye kan steeds voordeel trek uit staatskontrakte deur bloot nuwe maatskappy te stig.