Verkryging: 18 keer meer vir militêre goedere as goedere vir skole

Die Namibiese regering bestee in die huidige boekjaar 18 maal meer op verbruikbare militêre- en sekuriteitsmateriaal as op opvoedkundige materiaal. Dit kom na die verdedigings- en sekuriteitsministeries se begroting met 18 persent verhoog is tot 923 miljoen Namibiese dollar teenoor die 7 persent van die onderwysministerie wat ‘n totaal van 52 miljoen dollar behaal. Die regering se begroting vir voorraad en materiaal staan tans op ‘n rekord 4,4 miljard dollar, 20 persent meer as verlede jaar en beslaan 32,5 persent van die 13,5 miljard verkrygingsbegroting vir die jaar.