Verkragtingsyfers hier, en in SA, skok

Volgens die jongste misdaadstatistieke was dit ‘n droewige eerste drie maande van die jaar vir vroue en kinders in Suid-Afrika met 10 818 mense wat verkrag is. Die syfer verteenwoordig 1 300 meer sake vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die syfers is deur die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak. Van die 10 818 verkragtingsvoorvalle het ‘n verbysterende 4 653 by die huis van die verkragtingslagoffer of die huis van die verkragter plaasgevind. Die stand van sake in Namibië is nie veel beter nie en terwyl daar nie werklik statistieke beskikbaar is nie, was meer as 1 018 gevalle van verkragting in die 2020-2021 finansiële jaar aangeteken met ‘n toename in gevalle wat met alkoholmisbruik gekoppel kan word. Kenners meen dat net ‘n derde van verkragtings aangemeld word so die werklike syfer kan veel hoër wees.