Verkragtingsake van jong meisies aangemeld

Die Oshikuku-polisie is op soek na ‘n verdagte, wie se naam aan hulle bekend is, nadat ‘n vier-jarige dogtertjie in Onheleiwa-dorpie aangerand en verkrag is en sy ernstige beserings opgedoen het. Volgens die misdaadverslag is ‘n 15-jarige meisie ook op die plaas Omanga naby Grootfontein herhaaldelik verkrag. Die leerder het op die plaas by haar suster gaan kuier en die verdagte het na bewering op meer as een geleentheid vir haar alkohol gegee, waarna hy haar gedwing het om intiem te verkeer. Die ondersoeke duur voort.