Verkragting van meisie eers sewe maande later by Nampol aangemeld
‘n Verkragtingsaak van ‘n 13-jarige meisie is eers sewe maande later by die Namibiese polisie aangemeld nadat sy al op 25 Oktober glo deur ‘n 17-jarige seun verkrag is. Volgens Nampol is die rede hiervoor dat die saak nie deur die tradisionele owerheid opgelos kon word nie. Die verdagte is ook nog nie in hegtenis geneem nie. Die voorval het by Sikanduko in die Rundu-distrik in die Kavango-Oos-streek plaasgevind. Die ma het die meisie na die bure se huis gestuur om na die kragboks te kyk toe hulle ‘n krag-onderbreking gehad het. Die seun het glo die meisie in sy kamer ingetrek, die deur toegesluit en haar verkrag.