Verkragting-tendense wek kommer

Namibië se Wet op die Bekamping van Verkragting se swaar tronkstraf vir herhaalde verkragters blyk nie ‘n afskrikmiddel te wees nie. Oor die jare het die land ‘n jaarlikse toename in verkragtingsake gesien, gepaardgaande met ‘n toename in tronkstraf vir diegene wat aan verkragting skuldig bevind is. Kosmos 94.1 Nuus het die kwessie met die sosiale aktivis Rosa Namises bespreek, wat sê dit is kommerwekkend dat die aantal vaders wat hul dogters verkrag, ook toegeneem het.