Verkragting in Namibië word deur verskeie faktore veroorsaak
Reaksie word ontvang op berigte dat verkragtings in die Omusati-streek in die eerste twee maande verdubbel het teenoor syfers wat in 2021 aangemeld is met 18 gevalle in Januarie en Februarie teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Verkragtings kom algemeen in Namibië voor en verlede jaar het die Namibiese polisie gesê daar was 690 gevalle tussen Januarie en Augustus. Dit werk uit tot net minder as drie verkragtings daagliks. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes sê daar is baie oorsake van verkragting…