Verkragter vrygelaat na 10 jaar, verkrag weer, pleeg selfmoord
Die Erongo-polisie het ‘n gewelddadige en tragiese voorval van verkragting en selfmoord aangemeld. ‘n Namibiese vrou, 31, is blykbaar Maandagaand gewelddadig op Narraville in Walvisbaai verkrag. Die verkragter het daarna gedreig om selfmoord te pleeg indien die slagoffer die saak aanmeld. Die polisie is wel ingelig en die polisie het die ondersoek begin. Die verdagte is nie by sy huis gevind nie en Dinsdagmiddag is ‘n berig oor selfmoord ontvang. Die verdagte, die 38-jarige Herman de Klerk, het homself by sy huis in die motorhuis gehang. De Klerk is onlangs uit die tronk vrygelaat – hy het 10 jaar tronkstraf uitgedien op ‘n verkragtingsaak.