Verkopers van Sardarov-plase fokus van die hof

Regsargumente is ingedien in die saak waar die PDM die oud-grondhervormingsminister Utoni Nujoma en die ministerie dagvaar oor ‘n grondooreenkoms met Russiese miljardêr Rashid Sardarov om vier plase vir 99 jaar te huur. Sardarov het die grond in 2018 gekoop, aan die ministerie geskenk en toe ‘n 99-jaar pag ontvang. Die PDM sê die transaksie is onwettig. Regter Orben Sibeya het in Oktober gesê die saak kan nie afgehandel word voor die verkopers nie aangehoor is nie. Sardarov sê in sy stukke dis onbenullig omdat die kopers nie aangehaal is in die oorspronklike aansoek nie terwyl die PDM sê dat hulle wel is. Die saak kom nege-uur voor.