Verkope van elektriese voertuie kan so ‘n hupstoot gegee word

In die eerste kwartaal het Suid Afrika 3 042 nuwe elektriese voertuie verkoop wat 82,7 persent meer is as in dieselfde kwartaal verlede jaar. Die regering het ook sy ondersteuning van die bedryf in die jaarlikse begroting verklaar, wat tot die sukses bygedra het. In Namibië vaar die verkope van elektriese voertuie nie so goed nie. Die infrastruktuur moet ook aangepas word om elektriese voertuie te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Conrad Roedern, die stigter van die invoerder Electric Vehicles Namibia, wat ‘n voorstel het.