Verkope daal, Nike maak goedkoper tekkies

Nike sal nuwe tekkies van 100 Amerikaanse dollar, of 1 820 Namibiese dollar, en minder, in lande regoor die wêreld uitrol. Die maatskappy sukkel en pas sy reeks produkte se pryse afwaarts aan om verkope weer op dreef te kry. Sy Air Force 1-tekkies verkoop teen tussen 150 en 200 Amerikaanse dollar ‘n paar teenoor Adidas se drie-streep wit en swart Samba en veelkleurige Gazelle tekkies wat onderskeidelik 100 en 120 Amerikaanse dollar kos. Die maatskappy het Donderdag ‘n verrassende afname in verkope in sy jongste kwartaalsyfers aangemeld en sukkel met kompetisie.