Verkoeling sal verdere verhitting veroorsaak

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram waarsku indien die huidige neiging voortduur, sal jaarlikse vrystellings weens verkoeling teen 2050 verdubbel en meer as 10 persent van die wêreld se kweekhuisgasse bydra. In 2022 was vrystellings wat aan verkoeling toegeskryf word, 7,1 persent van die wêreld-totaal. Sowat 3,5 miljard mense leef tans in warm klimate, maar slegs 15 persent het toegang tot verkoeling, hoofsaaklik deur lugversorging. Die VN sê ontwikkelende ekonomieë het volhoubare, bekostigbare en energiedoeltreffende verkoelingsoplossings nodig wat aan die toenemende vraag voldoen en terselfdertyd klimaatsveerkragtigheid ondersteun.