Verklaar noodtoestand oor verkragting

Die deurwinterde maatskaplike aktivis en nou onafhanklike presidensiële kandidaat Rosa Namises sê ‘n noodtoestand moet verklaar word in verband met verkragting. Sy het haar skok uitgespreek oor ‘n agtjarige seun wat sedert 2018 verkrag is en vra hoe niemand dit agtergekom het nie. Geslagsgeweld is algemeen in Namibië en kinders loop gereeld daaronder deur met syfers wat aandui dat 600 meisies en 32 seuns in tien maande in 2023 verkrag is terwyl 767 kinders in die 2021-22 boekjaar slagoffers van geslagsgeweld was met 577 wat verkrag is.