Verkiesingsuitslag, ongeag wat, sal nie beleggingslandskap verander nie
Professor Alfred Kamupingene van Namibia Equity Brokers sê die beleggingsklimaat in Namibië sal nie veel verander na die verkiesings nie, ongeag die uitslag. Die verkiesing wat Woensdag plaasvind, word as geskiedkundig beskryf, veral met die verandering wat in ander lande in die streek plaasgevind het. Kamupingene het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.