Verkiesingsontkenners, skelm kiesbeamptes werk weer vir Trump

‘n CNN-opname het bevind tientalle Republikeine wat in die 2020 Amerikaanse verkiesing bedrog gepleeg het, insluitend verskeie wat moontlik reeds strafregtelik vervolg word, dien vanjaar as amptelike kiesbeamptes vir voormalige president Donald Trump in state waar die partye kop-aan-kop is. Daar is ook 16 wat sê president Joe Biden se oorwinning in 2020 was bedrieglik. Hulle verteenwoordig meer as ‘n derde van die 82 beamptes wat gekies is om Trump te ondersteun in die sewe state waar hy in 2020 die uitslag probeer omkeer het. Indien Trump verloor kan hul betrokkenheid ná die verkiesing tot chaos lei.