Verkiesingskommissie-vergadering nie regverdig, sê kenner
Meer reaksie is oor die vergadering ontvang. Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, het reeds gesê die Verkiesingskommissie gee voor dat hy neutraal is, maar het openlik gewys dat sy beweerde onpartydigheid ‘n klug is. Die regeringskenner dr. Marius Kudumo, sê die vergadering sou regverdig wees as alle politieke partye verteenwoordig was.