Verkiesingskommissie tevrede, maar sê almal moet registreer

Die eerste maand van die registrasie van Namibiese kiesers is byna op ‘n einde. Die verkiesingskommissie sê tot op 22 Junie is 536 202 kiesers geregistreer. In die week van 17 tot 22 Junie is egter net gemiddeld 28 211 kiesers landswyd elke dag geregistreer. Daar is altesaam sowat 1,7 miljoen kiesers wat voor 1 Augustus moet registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, oor die getalle.