Verkiesingskommissie soek steeds na nuwe hoof

Daar word steeds gesoek na ‘n hoofverkiesingsbeampte vir die Verkiesingskommissie van Namibië met die land se nasionale en presidensiële verkiesing wat volgende jaar plaasvind. Die vakante pos is weer in plaaslike media geadverteer en aansoeke sluit op 2 Junie. Die posisie is geldig vir vyf jaar om die huidige hoof van die kommissie Theo Mujoro op te volg. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van hierdie posisie gepraat…