Verkiesingskommissie soek jou ou bakkie
Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi die publiek om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende algemene registrasie van kiesers van 3 Junie tot 1 Augustus. Die voertuie moenie ouer as 10 jaar wees nie, moet ‘n enkel- of dubbelkajuit 2×4 of 4×4 met ‘n kappie wees, en moet padwaardig wees. Belangstellende voertuigeienaars word versoek om hul voertuie vir inspeksie en ‘n padwaardigheidstoets te bring, van Woensdag tot Vrydag by geselekteerde dorpe regoor die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat meer inligting gee.