Verkiesingskommissie moet bedank oor stembrief-fiasko: Swartbooi

‘n Herrie het losgebars tussen politieke partye en die Verkiesingskommissie van Namibië oor die openbare verkryging van stembriewe vir die verkiesing. ‘n Vergadering gister tussen die Politieke Partye Skakelkomitee en die kommissie moes ontbind na groot onenigheid. Dit was na die kommissie gesê het hy sal openbare verkryging vir die stembriewe staak en die finansministerie vra om noodverkryging toe te laat, weens beperkte tyd. Die partye het vandag weer vergader, en volgens LPM-president Bernadus Swartbooi het die kommissie versuim om die bod vir die druk van die stembriewe betyds te adverteer. Hy sê op ‘n perskonferensie die kommissie het sy plig versuim en dat hulle slegs maatskappye sal gebruik waarmee hulle gemaklik is. Swartbooi is aan die woord.

Die Verkieingskommissie het ‘n verklaring uitgereik en sê daar is geen krisis rakende die verkiesingskalender nie.