Verkiesingskommissie deregistreer partye, verenigings

Die Namibiese Verkiesingskommissie het nog nie uit die blokke gekom met kieser-registrasie nie maar het ‘n handvol toetslopies reeds uitgevoer. Vanjaar se verkiesing sal ook per stembrief plaasvind oor die feit van die kiesermasjiene nie naspeurbaarheid het nie. Intussen het die kommissie verskeie partye en verenigings gederegistreer. In ‘n kennisgewing is die Democratic Coalition of Namibia, die Federal Convention of Namibia en die Namibia Democratic Movement for Change, almal partye, gederegistreer. Intussen is die Otavi Inwoners-vereniging, en die van Omaruru, die plaaslike vereniging van Mariental, so wel as die van Windhoek ook gederegistreer. Die Concerned People’s Organisation in Keetmanshoop en die Ada/Gui-senior burger- en weerlose kinder-oganisasie ook gederegistreer.