Verkiesingskommissie benodig jou voertuig

Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi lede van die publiek uit om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende verkiesings wat vir 27 November geskeduleer is. Kwalifiserende voertuie moet padwaardige enkel- of dubbelkajuit 2×4- of 4×4-modelle met bakkiekappe wees en nie ouer as 10 jaar nie. Inspeksies en padwaardigheidtoetse sal van 19 tot 20 November by uitgesoekte dorpe landwyd plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die Verkiesingskommissie se woordvoerder, wat die belangrikheid daarvan beklemtoon om te verseker dat alle voertuie aan die vereistes voldoen.