Verkiesing verander niks in Madagaskar nie

Die regerende party van Madagaskar, Tanora Malagasy Vonona, het aan die einde van Mei sy parlementêre meerderheid in die wetgewende verkiesings prysgegee en net 80 van die 163 setels in die Nasionale Vergadering gewen. Onafhanklike kandidate het 52 setels ingepalm en die opposisie 25. Volgens die Onafhanklike Nasionale Verkiesingskommissie  in die land is die uitslae van 122 stemlokale weens brandskade uitgesluit. Die stempersentasie vanjaar was meer as 48-persent teenoor die 43-persent in 2019. President Andry Rajoelina het reeds vroeër ‘n derde termyn verseker met ‘n lae stempersentasie en ‘n boikot deur die opposisie.