Verkiesing-fiasko: Was dit beplan of weens onbevoegdheid?
Reaksie word steeds ontvang oor die probleme wat opgeduik het op stemdag. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie politieke ontleders gepraat en die algehele reaksie is dat die verskiesingskommissie nie voorbereid was vir stemdag nie. Die verkiesingkommissie het 12uur ‘n vergadering gehad met die politieke partye en die media word uitgesluit. Rui Tyitende politieke ontleder het sy reaksie met Kosmos gedeel. Volgens hom was dit die mees deurmekaar verkiesing in die 34 jaar van Onafhanlikheid in Namibië.
Tyitende het ook die ECN se kommunikasie met die media gekritiseer.