Verkiesing ’24: Wat sê LPM oor aborsie?

Die kontroversiële sodomiewet is onlangs deur ‘n volbank regters as ongrondwetlik verklaar. Nog ‘n kontroversiële kwessie in die land is aborsies. Met die verkiesing wat voorlê, is dit nodig om te weet waarvoor die verskillende politieke partye staan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, oor wat die party se standpunt oor aborsie is. Hy het nie ‘n direkte antwoord gegee nie.