Verkeersoortreders, amnestie maak vandag klaar

Die amnestie-tydperk vir Namibiese verkeersoortreders verval vandag. Die Namibiese polisie waarsku dit gaan geen genade betoon teen diegene wat nie hul verkeersboetes betaal het nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeerslasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te betaal, was vir twee maande verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se verkeershoof kommissaris Petrus Swartz, gepraat wat die publiek herinner om hul verkeersboetes vandag te betaal.