Verkeerde ‘his/her’, ‘they/them’ nou ‘n misdaad in Michigan

Die Huis van Verteenwoordigers in die Amerikaanse deelstaat Michigan het ‘n wetsontwerp deurgevoer wat die opsetlike intimidasie van iemand deur die gebruik van die verkeerde geslagsvoornaamwoord ‘n misdaad maak. Kragtens die nuwe wetgewing kan oortreders swaar gestraf word, wat tronkstraf of ‘n boete van tot 188 000 Namibiese dollar insluit. Die wetsontwerp is toegespits op die beskerming van indiwidue rakende hulle seksuele voorkeur en geslagsidentiteit of -uitdrukking. Die wetsontwerp is met 59 stemme teenoor 50 deurgevoer deur die Demokratiese Party-beheerde gesag. Dit word nou na Michiganstaat se senaat verwys vir verdere oorweging.