Verifieer jou ouditeur, daar’s ‘n nuwe bedrogspul
Die Openbare Rekenmeesters- en Ouditeursraad waarsku die publiek oor ‘n swendelary waar mense hulself as eksterne ouditeure voordoen, terwyl hulle nie geregistreerde ouditeure is nie. Sodoende kry hulle toegang tot die boeke en finansiële sake van families of besighede, waar hulle geld steel. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se ondersoeker, Mbavanga Tjueza, gepraat wat verduidelik hoe om te verifieer dat jou ouditeur werklik wettig werk.