Verhouding tussen siektes soos malaria en klimaat ondersoek

Navorsers in Kenia het die belangrike rol van klimaatsverandering in die malariakrisis in dele van die land aangetoon. ‘n Wetenskaplike by die Internasionale Vee-navorsingsinstituut, James Akoko, wys op die toenemende impak van klimaatsverandering op siekte-oordragpatrone. Akoko verduidelik dat die skepping van ‘n weerstasie in die droogte geteisterde Isiolo-gebied verskeie omgewingstoestande sal monitor en die verhouding tussen klimaatsaspekte, bevolkings en siekte-tendense ontleed.