Verhoog stort ineen by politieke saamtrek in Mexiko

Minstens nege mense is dood, insluitend ‘n minderjarige, en sowat 50 beseer toe ‘n gedeelte van ‘n verhoog ingetuimel het tydens ‘n verkiesingsaamtrek in Mexiko se noordelike staat Nueve León. Amptenare sê ‘n rukwind het die ongeluk veroorsaak. ‘n Presidents-kandidaat, Jorge Álvarez Máynez, wat ‘n toespraak gelewer het toe die voorval plaasgevind het, het geringe beserings opgedoen. ‘n Navorsingsgroep, Data Civica, sê minstens 28 kandidate is in die aanloop tot die verkiesing op 2 Junie aangeval, waarvan 16 vermoor is.