Verhoging in toelae skop eers in as parlement begroting bekragtig

Die oumenspensioen en ander toelae se verhoging soos aangekondig deur die finansminister Ipumbu Shiimi tydens die begroting het nog nie ingetree nie. Die rede hiervoor is omdat die Nasionale Vergadering eers die begroting moet bekragtig en dan sal die betalings inskop, terugwerkend tot 1 April. Lukas Haufiku van die ministerie van armoede-uitwissing verduidelik.