Vergoeding vir onteiende Zim-boere begin, US$20m beskikbaar

Die Zimbabwiese regering sal vandeesmaand ‘n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van ‘n reeks maatreëls om die land se eens florerende boerderysektor te herstel. Landbou het in duie gestort toe Mugabe toesig gehou het oor die gewelddadige beslaglegging op, en vernietiging van, hoogs produktiewe plase in 2000.