Vergoeding vir mens-dier-konflik nie voldoende
Kommunale bewaringsgebiede het hul reaksie gegee op die Namibiese omgewingsministerie se konferensie oor mens-dier-konflik wat vandag amptelik in die hoofstad deur die adjunk-president Nangolo Mbumba geopen is. Een van die kwessies onder bespreking is vergoeding vir verliese weens mens-dier-konflik. Boere in die landelike gebiede ly geweldige skade weens konflik met olifante en karnivore. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Torra-bewaringsgebied, Tommy Adams gesels wat die konferensie bywoon wat tot Vrydag duur.
Hy sê leeus het amok onder vee in die Noordweste gesaai.