Vergeet van slaagsyfer, kyk eerder na slaagdrempel – Maimane

Build One South Africa vra daar moet krities gekyk word na die matriekslaagsyfer van 82,9 persent. Die party vra vir dringende hervormings en versoek president Cyril Ramaphosa om die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, te vervang met sy hutsmerk-AngieMustGo-veldtog. Hulle beplan om ‘n omvattende onderwys-reddingsplan te onthul om tekortkominge in die stelsel te pak. Die beweging se leier, Mmusi Maimane, bepleit veranderings soos ‘n verhoogde slaagsyfer en ‘n onpartydige onderwysombud: