Vergeet finansiële geletterdheid, lewe net binne jou vermoë
Finansiële geletterdheid is die kennis en begrip van sleutel finansiële konsepte soos hoe om te begroot, beleggings, lenings, belasting en persoonlike geldbestuur. Uiteindelik bemagtig finansiële geletterdheid mense om beheer oor hul finansiële welstand te neem en ‘n veilige toekoms te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Departement Ekonomie, wat sê die belangrikste is om binne jou vermoë te leef.