Vergeet die bees, boer met goggas
Insekboerdery neem in gewildheid toe as ‘n volhoubare voedselvervaardigings-oplossing in Afrika. Die Kaapstadse landboutegnologiemaatskappy Maltento se uitvoerende hoof, Dean Smorenburg, beklemtoon die potensiaal om organiese afval in waardevolle produkte soos veevoer te omskep. Volgens navorsing verminder insekboerdery koolstofdioksied-uitstralings met 78-persent. Smorenburg sê ondanks uitdagings, soos hoë voerkoste, spreek innoverende praktyke soos die gebruik van swart soldatevlieë omgewingskwessies aan.