Vergadering oor mens-dier-konflik stel hoë teiken
Die drie-dag lange konferensie oor mens-dier-konflik het Vrydag in die hoofstad afgesluit. Die konflik word as uiters belangrik geag omdat dit die regering se bewarings-inisiatiewe ondermyn. Dit is ook uiters duur met die regering wat jaarliks 285 miljoen Namibiese dollar daarvoor begroot. Nie-regeringsorganisasies bestee op hul beurt miljoene om veldwagters aan te stel, vroeë waarskuwingstelsels op te rig en meer. Die nuwe strategie in die verband is geldig tot 2027 en is in 2018 van stapel gestuur. Kommunale boere, boere in bewaringsgebiede en kommersiële boere loop deur onder die konflik en dit is uitdagend vir veral bewaringsgebiede omdat gemeenskappe verantwoordelikheid moet vat vir die diere maar, hulle het geen beheer nie omdat die diere steeds in staatsbesit is. Daar is ongeveer 1 500 gevalle van konflik jaarliks en die afgevaardigdes teiken om 1 000 gevalle jaarliks aan te teken.