Verduisteringskoors tref VSA hard

Die langverwagte totale sonsverduistering vind vandag plaas en kan net in die noordelike halfrond, maar veral in die Verenigde State, gesien word. Die land ervaar ‘n sonsverduisteringskoors met miljoene wat reis om dit te aanskou. Oud-Suid-Afrikaner Cornel Becker woon reeds jare lank in Texas en het met Kosmos 94.1 Nuus oor die opgewondenheid gesels.