Verdere ‘tandekry-probleme’ van Paragon op HKIA verwag
Lufthansa se Eurowings Discover het agt vlugte na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe tot môre gekanselleer na hulle nie Saterdag kon land nie weens geen kontrakte met die nuwe vraghanteerter Paragon nie, wat ‘n sekuriteitsrisiko inhou. Lugrederye met kontrakte in plek soos Paragon se vennoot, Ethiopian Airlines, South African Airlines en Airlink het wel Saterdag vertragings van hul vlugte gehad toe die Namibiese Lughawensmaatskappy die vrag- en grondhanteringsdienste aan Paragon oorhandig en Menzies Aviation uitgeskop het. Airlink sê hulle verwag verdere “tandekry-probleme” namate Paragon ten volle toegerus is om al die gronddienste te lewer wat hy aanvaar het. Die Windhoekse hoërhof se beslissing oor Menzies se dringende aansoek Saterdag oor hul uitsetting by die lughawe is tot môre uitgestel.