Verdediging-ministerie help met droogtehulp

Die kantoor van die eerste minister het ‘n droogtehulpprogram van stapel gestuur wat van 1 Oktober 2023 tot Junie 2024 van krag is. Die regering sal meer as 900 miljoen Namibiese dollar bestee aan ‘n voedselverligtingsprogram, landbou-ondersteuning en watervoorsiening aan inwoners wat swaar trek. Frans Kapofi, minister van verdediging en veterane-sake, het by die kabinet-inligtingsessie gesê sy soldate en bates is betrokke om te help met droogtehulp na verskeie streke. Hy voeg by dat hulle die gesondheid-ministerie bygestaan het deur gesondheidspraktisyns na gebiede te neem wat moeilik bereikbaar is.