Verdediging-ministerie gee 67% van begroting op salarisse uit

Namibië is nie in ‘n oorlog betrokke nie, maar ten spyte daarvan word meer aanstellings in die verdedingsministerie gemaak. Dit is omdat ‘n groot aantal offisiere bedank het. Die ministerie se begrotingsrede is in die Nasionale Vergadering deur lynminister Frans Kapofi voorgelees. Die ministerie is meer as 6 miljard Namibiese dollar toegestaan, waarvan 67 persent aan salarisse gaan. Die verskeie ministeries is tans besig met hulle begrotingsredes in die parlement.

Kapofi het ook ‘n opdatering gegee van die nuutste aktiwiteite van August 26.