Verdedigende kampioen Alcaraz wen openingswedstryd by Queen’s

Tennis: Carlos Alcaraz het Dinsdag by Queens-klub drie stelpunte afgeweer en Francisco Cerundolo met 6-1, 7-5 geklop in sy eerste poging om sy titel te verdedig. Die Spanjaard wat vroeër die maand sy derde Grand Slam by die Franse Ope gewen het, het sy eerste grasbaanwedstryd van 2024 effens onseker begin. Hy het egter later sy voete gevind en met Cerundolo afgereken. Die wêreld se nommer twee het verlede jaar se sege by Queen’s met ʼn Wimbledon-oorwinning opgevolg. Hy kom volgende teen die Brit Jack Draper of Argentyn Mariano Navone te staan.