Verbruikers wag op repokoers-aankondiging

Die finale vergadering van die jaar vir die monetêre beleidskomitee van die Bank van Namibië is geskeduleer vir Woensdag. Daar word verwag dat die repokoers bestendig gehou sal word op 7.75 persent, met die prima koers wat ook onveranderd sal bly op 11.5 persent. Dit sal dalk nie die las op besighede, huishoudings en verbruikers se besteebare inkomste verlig nie, maar sal wel verdere finansiële aanstramming wat ‘n koersverhoging sou meebring vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Basson van Rooyen, portefeuljebestuurder by Sanlam, gesels oor sy voorspelling vir die repokoers en hoe dit informele sektore in Namibië raak.