Verbod op veevervoer regte besluit vir Oos-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun die provinsiale regering se versoek aan die landbouminister, John Steenhuisen, vir ʼn tydelike verbod op die vervoer van diere met gesplete hoewe soos skape, varke en beeste. Dit is om te keer dat bek-en-klouseer wat in Humansdorp in die Oos-Kaap uitgebreek het, versprei. Drie-en-twintig plase in die Humansdorp-distrik en een plaas in Oos-Londen het diere wat positief getoets het. Noko Masipa van die DA sê geen gevalle is tot dusver in die Wes-Kaap aangemeld nie: