Verbeterde wisselkoers: Stand van sake was oordoen, meen ekonoom

Die wisselkoers van die rand en die Namibiese dollar met die Amerikaanse dollar het baie verbeter en verhandel op die oomblik rondom 18,60 teenoor die Amerikaanse geldeenheid. Die dollar het in die afgelope week met meer as 4,5 persent verswak. Die Federale Reserwebank vergader vandag en môre oor rentekoerse in daardie land maar, volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, is die hoofrede dat die stand van sake ‘oordoen’ was. Hy verduidelik.