Veranderings in oorgrensbetalings uitgestel

’n Onlangse ontwikkeling wat oorgrensbetalings raak, en wat kommer wek oor vertragings in betalings, is eers op die lange baan geskuif. Namibiese transaksies met lande in die gemeenskaplike monetêre gebied, wat Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho insluit, sou op 15 April van krag word. Hierdie betalings sou as oorgrenstransaksies via die SWIFT-platform verwerk word, en nie meer as gewone Elektroniese Fondsoordrag, of EFT, transaksies nie. Daar is egter aangekondig dat die maatreël uitgestel is tot September. ‘n Volle verklaring word op ‘n later stadium verwag.