Veranderende waterkleur weens boorgate
Die Stad Windhoek staar ‘n ernstige watertekort in die gesig, wat gelei het tot die aktivering van die nood-boorgatskema om die drinkwatervoorraad vanaf Junie verlede jaar aan te vul. Dit het gelei tot waarneembare veranderinge van die norm met betrekking tot waterkleur, smaak, en reuk. Die Stad bly daartoe verbind om die kwaliteit van drinkwater te verseker en dat die water veilig is vir menslike gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek, gesels oor die gebiede wat uitsluitlik boorgatwater ontvang en hierdie veranderinge meer as ander gebiede kan opmerk.