Venus ontwikkelingsplan verwag

Daar word verwag dat TotalEnergies binnekort sy ontwikkelingsplanne vir sy Venus-gebied, aflandig in die suide van die land in die Oranje-bekken, sal aankondig. Die olie-reus se hoof van eksplorasie Kevin McLachlan sê die bronne is indrukwekkend. Daar is ongeveer 5 miljard vate olie waarvan 2 miljard ontgin kan word. Daar is ook gasbronne. Die putte is reeds beoordeel en die maatskappy kyk nou na die ontwikkeling van ‘n drywende produksie-, berging- en aflaai-vaartuig in die gebied. Dit sal na verwagting vanjaar reeds ontwikkel word, vroeër as wat verwag is.