Venter speel sy 50ste wedstryd vir Stormers

Rugby: Haker André-Hugo Venter gaan sy 50ste wedstryd vir die Stormers speel in môre se Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met Glasgow in Stellenbosch. Die 23-jarige is in die beginspan saam met die Wêreldbekerwenners Manie Libbok en Frans Malherbe, wat albei die eerste keer dié seison vir die Kaapse span speel. Met Libbok op losskakel, skuif Damian Willemse na binnesenter en kaptein Dan du Plessis speel buitesenter, met Ruhan Nel op vleuel. Die wedstryd begin om 13:45.